In die Arrakbrosse, ’n ongetemde streek van die Sahara-woestyn, veg in handjievol Franse teen ’n geheimsinnige vyand. Hier staan die Moho-toring, toegangspoort tot ’n fabelagtige skag wat ses kilometer onder die aarde ongekende skatte ontbloot. Hier wag asemrowende ontdekkings op luitenant Fritz Deelman van die Internasionale Veiligheidspolisie. Maar watter verband het die Moho-skag met die verskyning van die gevreesde Rooi Sjeik, ’n roekelose woestynvegter wat sy slagoffers sowel onder die Franse as die Arabiere van die Arrakbrosse eis? Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.

- 1960, Nasionale Boekhandel
- Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
- 161 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)

- 1972, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
- 138 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0567-4 / 978-06-2400-567-4
- 1977, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
- 138 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0567-4 / 978-06-2400-567-4

- Augustus 2004, Human & Rousseau
- Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
- 167 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 10 mm)
- ISBN: 0-7981-4425-4 / 978-07-9814-425-4