Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerte onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van 'n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar… In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, bring die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland.

- 1956, Nasionale Boekhandel
- Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
- 142 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)

- 1959, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 26)
- Frits Deelman en de Atoomduikboot, vertaal deur Tjeerd Adema
- Nederlands 1ste uitgawe, 1ste druk
- 159 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
- Omslagkuns deur Friso Henstra
- Middel 1960’s, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 1026)
- Frits Deelman en de Atoomduikboot, vertaal deur Tjeerd Adema
- Nederlands 1ste uitgawe, 2de druk
- 159 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
- Omslagkuns deur Friso Henstra

- 1968, Kluitman (Sneeuwbal-Serie – J 5544)
- De zwarte atoomduikboot, vertaal deur Tjeerd Adema
- Nederlands 2de uitgawe, 1ste druk
- 159 bladsye sagteband (114 mm × 178 mm)
- Omslagkuns deur Rudi van Giffen

- 1974, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
- 124 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0561-5 / 978-06-2400-561-2
- 1978, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
- 124 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0561-5 / 978-06-2400-561-2

- Maart 2004, Human & Rousseau
- Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
- 151 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 8 mm)
- ISBN: 0-7981-4395-9 / 978-07-9814-395-0