Wanner luitenant Fritz Deelman verplaas word na die vreemde, duistere binnekring van die sewentigste breedtegraad, volg die een insident op die ander. Die een dag het niemand nog daarvan gehoor nie, en ’n maand later is duisende mense verslaaf an die dodelike dwelmmiddel – Satania. Dae lank is Fritz en Loeki op die spoor van onwettige jagters van spermwalvisse – die enigste bron van ambergrys, noodsaaklik vir die vervaardiging van Satania. In die fabelagtige, wit wêreld van Antarktika kom Fritz en Loeki teen n oormag te staan. Wie is die leier van die bende wat vanuit ’n basis onder die sneeu en ys van die Palmer-skiereiland sy bose werk verrig?

- 1956, Nasionale Boekhandel
- Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
- 165 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)

- 1962, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 45)
- Frits Deelman en de Verborgen Zuidpoolbasis, vertaal deur Th. A. J. Koesen
- Nederlands 1ste uitgawe, 1ste druk
- 160 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
- Omslagkuns deur Friso Henstra
- Middel 1960’s, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 1045)
- Frits Deelman en de Verborgen Zuidpoolbasis, vertaal deur Th. A. J. Koesen
- Nederlands 1ste uitgawe, 2de druk
- 160 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
- Omslagkuns deur Friso Henstra

- 1970, Kluitman (Sneeuwbal-Serie – J 5548)
- De Verborgen Zuidpoolbasis, vertaal deur Th. A. J. Koesen
- Nederlands 2de uitgawe, 1ste druk
- 160 bladsye sagteband (114 mm × 178 mm)
- Omslagkuns deur Rudi van Giffen

- 1972, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
- 149 bladsye hardeband
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0194-6 / 978-06-2400-194-2
- 1978, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
- 149 bladsye hardeband
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0194-6 / 978-06-2400-194-2

- Augustus 2005, Human & Rousseau
- Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
- 167 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 10 mm)
- ISBN: 0-7981-4403-3 / 978-07-9814-403-2