’n Telefoonoproep bring luitenant Fritz Deelman na ’n stegie in die hawebuurt van Kaapstad waar hy ’n geheimsinnige man in ’n motor sien wegjaag.
Onmiddelik volg ’n wilde jaagtog wat eers eindig toe die man se motor met skreeuende bande oor een von die kaaie in die hawe stort. Fritz duik agterna, maar onder die donker water vind hy geen teken van die vlugteling nie.
Die gebeurtenisse wat volg, dwing fritz na die Stille Oseaan, wat die diepste afgronde op aarde onder sy blou golwe hou. Hier lê die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog ’n avontuur in die opwindende lewe von Fritz Deelman.

- 1963, Nasionale Boekhandel
- Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
- 128 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)

- 1974, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
- 102 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0566-6 / 978-06-2400-566-7
- 1978, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
- 102 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0566-6 / 978-06-2400-566-7

- April 2005, Human & Rousseau
- Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
- 164 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 8 mm)
- ISBN: 0-7981-4424-6 / 978-07-9814-424-7