Fritz Deelman en die Groen Dood

Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman op die toneel. Wat is die raaisel van die verlore ras wat na hul antieke tempel teruggekeer het; die reusagtige spoor van 'n prehistoriese monster, die onbekende pylgif wat 'n hele ekspedisie witgewis het? Om antwoorde te vind, moet Fritz die berugte “groen hel” binnedring – waar giftige moerasse lê en broei, en gevare skuil. Maar wat Fritz uiteindelik in die oerwoud ondervind, laat al sy vorige ontberings na kinderspeletjies lyk.

1
  • 1958, Nasionale Boekhandel
  • Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
  • 162 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)
1
  • 1961, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 55)
  • Frits Deelman en de Groene Hel, vertaal deur Th. A. J. Koesen
  • Nederlands 1ste uitgawe, 1ste druk
  • 159 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
  • Omslagkuns deur Friso Henstra
  • Middel 1960’s, Kluitman (Kluitman Jeugdserie – J 1055)
  • Frits Deelman en de Groene Hel, vertaal deur Th. A. J. Koesen
  • Nederlands 1ste uitgawe, 2de druk
  • 159 bladsye sagteband (110 mm × 170 mm)
  • Omslagkuns deur Friso Henstra
2
  • 1972, Tafelberg Uitgewers
  • Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
  • 148 bladsye hardeband (220 mm hoog)
  • Omslagkuns deur Helmut Starcke
  • ISBN: 0-6240-0236-5 / 978-06-2400-236-9
  • 1978, Tafelberg Uitgewers
  • Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
  • 148 bladsye hardeband (220 mm hoog)
  • Omslagkuns deur Helmut Starcke
  • ISBN: 0-6240-0236-5 / 978-06-2400-236-9
3
  • Augustus 2005, Human & Rousseau
  • Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
  • 167 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 10 mm)
  • ISBN: 0-7981-4411-4 / 978-07-9814-411-7