Luitenant Fritz Deelman ontvang ’n brief van Loeki de Klerk, wat op besoek in die Ooste is. In die boodskap vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig het en dat ’n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer. Sy vermoede word versterk deur 'n geheimsinnige ontploffing – ’n aanslag op sy lewe – en hy vertrek na die Ooste om die raaisels te probeer oplos. Uit die Republiek Sikkim, noord van Indië, lei die spoor na die magtige Himalajas, en dan na die geheimsinnige bergland Tibet, sedert 1959 onder Kommunistiese bewind. Hier ontvou eeue oue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman verstom laat.

- 1959, Nasionale Boekhandel
- Afrikaans 1ste uitgawe, 1ste druk
- 163 bladsye hardeband (135 mm × 210 mm)

- 1972, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 1ste druk
- 146 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0237-3 / 978-06-2400-237-6
- 1978, Tafelberg Uitgewers
- Afrikaans 2de uitgawe, 2de druk
- 146 bladsye hardeband (220 mm hoog)
- Omslagkuns deur Helmut Starcke
- ISBN: 0-6240-0237-3 / 978-06-2400-237-6

- April 2005, Human & Rousseau
- Afrikaans 3de uitgawe, 1ste druk
- 167 bladsye sagteband (138 mm × 216 mm × 12 mm)
- ISBN: 0-7981-4410-6 / 978-07-9814-410-0